Skip to content

Meer as 1 000 mense sterf in grondstorting in Soedan

# ʼn Grondstorting het minstens ʼn duisend lewens geëis in die afgeleë Marra-berge in die weste van Soedan. Die grondstorting het Sondag plaasgevind na dae lange swaar reën, en slegs een persoon het oorleef. Die Soedannese Bevrydingsbeweging/Weermag, wat die area in die Darfoer-streek beheer, het die Verenigde Nasies en internasionale hulpagentskappe se bystand gevra om die slagoffers, wat kinders insluit, se liggame te vind. ʼn Burgeroorlog woed sedert April 2023 in dié land nadat geweld tussen die Soedannese Weermag en die paramilitêre groep, Rapid Support Forces, uitgebreek het.