Skip to content

Media-organisasies vra polisie-optrede na verdwyning van joernalis

# Die Nasionale Persklub en die African Media and Communicators Forum het ‘n beroep gedoen op die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, om in te gryp in die saak van die vermiste joernalis Sibusiso Ndlovu en sy lewensmaat Zodwa Mdhluli. Dit is 74 dae sedert die paartjie laas op 18 Februarie gesien is. Daar is tot dusver geen leidrade of arrestasies nie en die organisasies die beloning vir inligting verdubbel na 100-duisend-rand.