Skip to content

McKenzie verdedig PA se immigrasie-rekord, verwys na kabinetsinvloed

# Die leier van die Patriotic Alliance, minister Gayton McKenzie, ontken dat die party nie daarin slaag om die immigrasiekrisis aan te pak nie. Hy het in Pretoria gesê dis onnodig om ‘n wetsontwerp by die Parlement in te dien, want hy gebruik reeds sy invloed in die kabinet om gebeure aan te spoor. McKenzie het die polisie en Binnelandse Sake se voortdurende klopjagte as ‘n bewys van vordering aangehaal. Hy sê oorwinnings in tussenverkiesings toon kiesers is tevrede met die party se leierskap voor volgende jaar se munisipale verkiesing.