# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, het die geskorste nasionale adjunk-polisiekommissaris Shadrack Sibiya verdedig en sê hy ken hom slegs as ‘n toegewyde polisiegeneraal, nie ‘n rampokker nie. Dit volg na foto’s op sosiale media van Sibiya en die PA-adjunkpresident Kenny Kunene, asook bewerings by die Madlanga-kommissie wat hom met misdadigers verbind. McKenzie sê hy het by verskeie geleenthede saam met Sibiya gewerk en beskryf hom as professioneel: