Skip to content

McKenzie sê regering versnel repatriasie van oorskot van ballinge [KLANK]

# Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê die regering bly daartoe verbind om Suid-Afrikaners wat tydens die bevrydingstryd in ballingskap gesterf het, huis toe te bring. McKenzie het in Pretoria gesê Angola, die tuiste van verskeie ANC-militêre kampe, is die eerste fokus in die vyfjaar-repatriasieprogram. Hy sê president Cyril Ramaphosa het die regering opdrag gegee om met die werk voort te gaan, ongeag die koste, en wys daarop dat die oorskot van 42 bevrydingshelde reeds gerepatrieer is:

ENG-McKenzieOnRepatriation