# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement gesê hy sal nie kommentaar lewer oor die huidige stand van die taakspan vir politieke moorde nie, aangesien hy nie meer die amp beklee nie. Hy sê riglyne wat hy in Desember 2024 uitgereik het, is steeds onder bespreking en die taakspan is steeds operasioneel. Mchunu het verduidelik die riglyne het betrekking op wetstoepassingsbehoeftes, nie beleid nie, en het beklemtoon operasionele herstrukturering, insluitend die taakspan, is vroeër aanvaar en het volgens ‘n gefaseerde benadering voortgeduur:
Mchunu weier om kommentaar te lewer oor stand van taakspan vir politieke moorde [KLANK]
ENG-MchunuOnPKTT