# Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê hy het nie sy kabinetskollegas geraadpleeg voor hy opdrag gegee het vir die ontbinding van die taakspan vir politieke moorde nie. Volgens Mchunu het veiligheidskwessies wat deur verklikkers geopper is, hom verhinder om die saak regstreeks met die betrokke beamptes te bespreek. Hy sê sy besluit was wettig en daarop gemik om wetstoepassing te verbeter sonder om funksies binne die polisiestruktuur te dupliseer:
Mchunu erken hy het nie sy kabinetskollegas geraadpleeg oor die ontbinding van die politieke moorde-taakspan nie [KLANK]
ENG MchunuOnConsultation