Skip to content

Mbalula sê niemand gaan Ramaphosa verwyder sonder die ANC-stem nie [KLANK]

# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party sal nie oorreed of geboelie word om president Cyril Ramaphosa te verwyder nie. Die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, het besluit om ʼn ampsklagkomitee met 31 lede aan te stel na die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-paneel se verslag verlede week. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het gisteraand in Kaapstad vergader om die uitspraak te bespreek. Mbalula sê opportunistiese elemente probeer Ramaphosa dwing om te bedank:

ENG MbalulaOnRemoval