# Die vermeende misdaadbaas Vusimuzi “Cat” Matlala se regspan betwis die Madlanga-kommissie se gebruik van verklarings wat hy tydens ‘n pleitooreenkoms gemaak het. Matlala het skuld beken op aanklagte wat verband hou met ‘n polisietender en ingestem om teen mede-beskuldigdes, insluitend senior polisiebeamptes, te getuig. Die ooreenkoms het egter in duie gestort nadat ‘n hof die voorgestelde vonnis as te lig verwerp het, waarna Matlala onttrek het. Sy regspan voer nou aan verklarings tydens onderhandelings word beskerm en die kommissie behoort dit nie te gebruik nie:
Matlala betwis die gebruik van verklarings uit mislukte pleitooreenkoms [KLANK]
ENG-VandenHeeverOnSubmissions