Skip to content

Maskandi-kunstenaar Scebi Dlamini sterf in Richardsbaai-ongeluk

# Die gewilde Maskandi-kunstenaar Scebi Dlamini, ook bekend as Inkosi Yamagcokama, is vanoggend dood in ‘n motorgeluk in Richardsbaai. KwaZulu-Natal se LUR vir Vervoer, Siboniso Duma, sê die ongeluk het by ‘n verkeerslig oorkant Melomed-hospitaal gebeur. Noodspanne het drie insittendes behandel, maar Dlamini en nog ‘n slagoffer is dood. Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die ongeluk. Duma het sy meegevoel met die families betuig en Dlamini se bydrae tot Maskandi-musiek en sy rol in die bevordering van Umsinga geprys.