# Adjunkpresident Paul Mashatile het alle Suid-Afrikaners en belanghebbendes gevra om saam te werk om die regering se openbare infrastruktuur te beskerm en in stand te hou. Hy sê die beskerming van bestaande fasiliteite teen vandalisme en verwaarlosing is net so krities soos die bou van nuwe instellings. Gemeenskapseienaarskap is belangrik om volhoubare dienslewering te verseker. Mashatile sê die regering het ook die Waterdiens-infrastruktuurstoelaag ingestel om plaaslike waterkwessies aan te pak, infrastruktuur-agterstande te verminder en water- en sanitasiedienste in landelike en onderbediende gebiede te verbeter.
Mashatile vra samewerking om regeringsinfrastruktuur te beskerm en in stand te hou