# Adjunkpresident Paul Mashatile beantwoord vandag vrae oor verskeie kwessies in die Nasionale Vergadering. Een van die groot kopsere wat hy sal hanteer, is die maatreëls wat die regering getref het na die onttrekking van Amerika se presidensiële noodplan vir Vigs-verligtingbefondsing, PEPFAR. Die Presidensie sê Mashatile sal aantoon dat die onttrekking nie ‘n ernstige uitwerking sal hê op die aankoop en verspreiding van anti-retrovirale middels nie. Hy sal ook vrae hanteer oor pogings om watertekorte teen te werk, asook oor befondsing en hulpbronondersteuning vir kleinskaalse boere.
Mashatile beantwoord vandag vrae in die Parlement oor onder meer MIV/Vigs en watertekorte