Skip to content

Mashatile bedank Suid-Afrikaners vir ondersteuning tydens sy herstel

# Adjunkpresident Paul Mashatile sê sy herstel vorder goed ná ‘n onlangse klein operasie. Mashatile sê hy herwin daagliks sy kragte. Hy sê intussen gaan werk in sy kantoor voort, met toegewese verantwoordelikhede wat in samewerking met rolspelers in die regering en sakewêreld hanteer word. Mashatile het sy gesin, mediese span, kollegas in die regering en die ANC, president Cyril Ramaphosa en alle Suid-Afrikaners bedank vir hul boodskappe van ondersteuning.