Skip to content

Mashatile beantwoord vrae in Nasionale Raad van Provinsies, onder meer oor onwettige migrasie en grondhervorming

# Adjunkpresident Paul Mashatile beantwoord vandag vrae in die Nasionale Raad van Provinsies. Hy sal in sy hoedanigheid as voorsitter van die kabinetskomitee oor Justisie, Misdaadvoorkoming en Sekuriteit, en leier van Regeringsake in die Parlement, maatreëls uiteensit om korrupsie in die polisie op te spoor en te voorkom. Hy sal ook die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade en die Nasionale Vervolgingsgesag se regstellende maatreëls na aanleiding van die Madlanga-kommissie verduidelik. Mashatile sal ook vrae beantwoord oor onwettige migrasie, die grondhervormingsprogram en die Nasionale Watersekerheidsplan.