# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê hulle is oop vir die vorming van gesamentlike regering en koalisies op plaaslike regeringsvlak, maar hulle het drie ononderhandelbare voorwaardes. Met die oog op die plaaslikeregeringsverkiesings in November het die party met kleiner partye saamgesmelt, om sy swak vertoning in die 2024-verkiesing om te swaai, waar hy 1,2-persent van die stemme verwerf het. Mashaba het aan die SABC gesê hulle sal met enige party saamwerk wat Suid-Afrikaners eerste stel en verbind is tot bestendige, funksionele munisipaliteite wat dienste lewer:
Mashaba gee drie voorwaardes waaraan partye moet voldoen om saam met ActionSA in plaaslike regering te dien [KLANK]
ENG MashabaOnThreeConditions