# Met die uitbreking van masels wat steeds toeneem in die Verenigde State, is daar ook beduidende uitbrekings in die buurlande Kanada en Mexiko met noodlottige gevolge. Die owerhede in die Kanadese provinsie Ontario het aangekondig dat ‘n vroeggebore baba wat met masels gebore is, dood is. Ten minste vier mense is vanjaar in Mexiko oorlede en drie in die VSA. Nie een van hulle was ingeënt nie. Vanjaar se uitbrekings is die grootste in dekades in Kanada en Mexiko. Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku dat lae inentingsyfers die belangrikste dryfveer is.
Maseluitbrekings in VSA, Mexiko en Kanada het noodlottige gevolge