Skip to content

Mansraad vra vir strenger maatreëls om geestesgesondheidsprobleme en selfdood te voorkom

# Die Suid-Afrikaanse Mansraad vra die regering om in die lig van September as Selfdoodvoorkomingsmaand pogings te verskerp om uitdagings van geestesgesondheid en selfmoord te verhoed. Dit volg na die tragiese dood van ‘n 21-jarige man van Durban. Die raad sê toenemende werkloosheid, armoede, die misbruik van gewoontevormende middels en druk deur die samelewing verhoog die krisis, veral onder jong mans. Die raad vra vir samewerking oor verskillende sektore heen, hervorming van wetgewing en steun deur gemeenskappe om veilige ruimtes te skep, sorg te verbeter en verdere lewensverlies onder alle groepe te verhoed.