# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, het die raad van die Universiteit van Fort Hare gevra om oor ‘n aantal kritieke kwessies te besin wanneer hulle vandag vergader om die voortslepende studentebetogings te bespreek. Skade aan infrastruktuur by die instelling word geraam op tussen 300-miljoen- en 500-miljoen-rand. Onder die kwessies is die stand van bestuur en leierskap, die rol en status van die Studenteraad, en kommer oor die Visekanselier se kontrak: