Skip to content

Manamela ingehuldig as minister van Hoër Onderwys en Opleiding [KLANK]

# Buti Manamela is ingehuldig as nuwe minister van Hoër Onderwys en Opleiding. Dit volg nadat Nobuhle Nkabane verwyder is omdat sy die Parlement na bewering mislei het oor die aanstelling van mense met ANC-bande op SETA-rade. Manamela was voorheen adjunkminister vanaf 2017 en adjunkminister in die Presidensie vanaf 2014 tot 2017. Die gewese KwaZulu-Natalse premier, Nomusa Dube-Ncube, is die nuwe adjunkminister. President Cyril Ramaphosa het hulle aanstellings verwelkom en gewys op hulle uitgebreide ervaring in staatsbestuur en diens aan die gemeenskap:

ENG-RamaphosaOnManamela