Skip to content

Man wat skrywer Salman Rushdie op verhoog aangeval het kry 25 jaar tronkstraf

# Die man wat skuldig bevind is nadat hy Salman Rushdie in New York in 2022, op ‘n lesings-verhoog met ‘n skerp voorwerp gesteek het, is Vrydag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. ‘n Jurie het die 27-jarige Hadi Matar in Februarie skuldig bevind aan poging tot moord en aanranding. Owerhede sê Matar het probeer om ‘n dekades-oue fatwa, of edik, uit te voer wat Rushdie se dood geëis het. Die Iranse leier, Ayatollah Ruhollah Khomeini, het die fatwa uitgereik na die publikasie van Rushdie se roman, “The Satanic Verses”, wat sommige Moslems as godslasterlik beskou.