# Die verdagte wat Woensdagaand twee jong Israeliese ambassadepersoneellede buite die Capital Jewish-museum in Washington doodgeskiet het, is van moord met voorbedagte rade aangekla. Elias Rodriguez is ook aangekla van die moord op buitelandse amptenare en verwante vuurwapenaanklagtes. Minstens een van die aanklagte, die gebruik van ‘n vuurwapen om moord te pleeg, hou die moontlikheid van die doodstraf in. Die waarnemende Amerikaanse staatsaanklaer vir Washington, Jeanine Pirro, sê hulle sal nog aanklagte byvoeg indien bewyse dit regverdig.
Man wat na bewering Israeliese ambassadepersoneel vermoor het nou amptelik aangekla