Skip to content

Man staan tereg op tien aanklagte van poging tot moord na aanval op trein in Brittanje

# ‘n Twee-en-dertigjarige man van Peterborough, Anthony Williams, is aangekla van poging tot moord op tien mense na die naweek se mesaanval op ‘n trein in Cambridgeshire, Engeland. Die minister van Vervoer, Heidi Alexander, sê ‘n treinwerker wat gehelp het om die aanval te stop, is in ‘n bedenklike maar bestendige toestand. Verskeie passasiers het na die eetwa gestorm waar personeel die luike toegemaak het om hulle te beskerm. Williams is op die Huntington-stasie in hegtenis geneem en sal vandag in die hof verskyn.