Skip to content

Mamdani gaan volgens aanduidings New York se nuwe burgemeester wees en Virginië kies sy eerste vroue-goewerneur

# Zohran Mamdani wat homself as ʼn demokratiese sosialis beskryf, sal na verwagting New York Stad se nuwe burgemeester wees. Die 34-jarige se teenstanders is oudgoewerneur Andrew Cuomo wat as onafhanklike staan, en die Republikeinse kandidaat, Curtis Sliwa. As hy wen, sal Mamdani geskiedenis maak as New York se eerste Moslem-burgemeester, die eerste Suid-Asiaat om die amp te beklee en een van die jongste burgemeesters in moderne tye. Die Demokraat, Abigail Spanberger, is Virginië se nuwe goewerneur en die suidelike staat se eerste vroue-goewerneur.