# Die EFF-leier Julius Malema sê Suid-Afrika word gekonfronteer met voortdurende uitdagings van werkloosheid, misdaad en geweld teen vroue en kinders, wat alles vererger word deur die ekonomiese onsekerheid rondom die onlangse begrotingskrisis. Hy het sy party se tweede sentrale bevelspanvergadering in Bela-Bela, Limpopo, die naweek toegespreek. Malema sê die begrotingstryd is nie net ‘n tegniese stryd nie, maar dit is ‘n stryd om die ekonomiese struktuur van die land te transformeer, ‘n struktuur wat steeds uiters anti-swart is.
Malema sê die begrotingstryd is om die land se ekonomiese struktuur te transformeer