# Die EFF-leier Julius Malema het die gesamentlike staande komitee oor Intelligensie beskuldig dat hulle die Ad Hoc-komitee wat ondersoek instel na die KwaZulu-Natalse Polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings, doelbewus saboteer. Malema sê die Inspekteur-Generaal van Intelligensie, Imtiaz Fazel, wag op leiding terwyl openbare voorleggings nog nie ondersoek is nie. Hy het kommer uitgespreek dat die komitee nog nie met die getuienisleier, Norman Arendse, vergader het nie, en sê die gebrek aan duidelikheid is ‘n doelbewuste poging om die ondersoek se vordering te vertraag:
Malema beskuldig gesamentlike staande komitee oor Mkhwanazi van sabotasie [KLANK]
ENG-MalemaOnCommittee