# Die regering sal nie verantwoordelik aanvaar vir inwoners se eiendomskade aan strukture wat te naby aan die Bloemhofdam gebou is nie. Die dam is tans 110-persent vol te midde van erge stroomaf-oorstromings. Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het inwoners langs die vloedlyn gewaarsku om te ontruim. Majodina het bewerings van wanbestuur verwerp en sê die sluise is ingevolge die veiligheidsriglyne oopgemaak. Terwyl meer reën verwag word, bly vyf straalsluise oop. Sy het die publiek verseker dat die dam onder beheer is, maar het ontruiming ter wille van veiligheid aangemoedig.
Majodina sê regering sal nie verantwoordelik vir eiendomskade by Bloemhofdam aanvaar nie