# Jubeling oor die nuwe pous het vandeesweek vinnig getaan toe mense aan die voortou van Donald Trump se Make America Great Again-beweging besef het die eerste Amerikaanse Pous stel nie noodwendig Amerika eerste nie. Pous Leo het voorheen kommer uitgespreek oor behoeftiges en immigrante en dit blyk dat hy die ontslape meer liberale pous Franciskus ondersteun het én die Amerikaanse president se beleid op sosiale media gekritiseer het. ‘n Gewese amptenaar van die Withuis, Steve Bannon, voorspel wrywing tussen die nuwe pous en Trump.
MAGA sê Pous Leo mag Amerikaans wees, maar kies nie “Amerika eerste” nie