# Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, stem nie saam met dele van die Konstitusionele Hof se siening van die rol wat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie speel nie. Die hof het verlede week gelas die kommissie se riglyne moet in ‘n hof afgedwing word. Madonsela sê hoewel sy saamstem dat die kommissie se magte nie wetlik bindend is nie, moet Hoofstuk 9-instellings aktief straffeloosheid voorkom en nie net dialoog bevorder nie. Sy beklemtoon hierdie instellings is daargestel om aanspreeklikheid te versterk en openbare en privaat sektor verantwoordelikheid te verseker.
Madonsela betwis Konstitusionele Hof se siening oor rol van Menseregtekommissie