Skip to content

Madlanga Kommissie hoor getuienis oor wetgewende raamwerk wat SAPD beheer aan

# Die Madlanga Kommissie hoor vandag die getuienis van ‘n beampte van die Suid-Afrikaanse Polisiediens se regsafdeling aan oor die wetgewende raamwerk wat die SAPD beheer. Die beampte sal die derde getuie wees na die verskyning van die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkwanazi, en die nasionale kommissaris van polisie, Fannie Masemola. Die getuienis wat die kommissie so ver aangehoor het, verbind die minister van Polisie Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is, met ‘n lid van ‘n kriminele kartel, Vusumuzi “Cat” Matlala, en beskuldig hom van die onwettige ontbinding van die KZN politieke moorde taakmag.