Skip to content

Madlanga-kommissie hervat vandag openbare verhore wanneer Vusimuzi Matlala in getuiebank verskyn [KLANK]

# Die Madlanga-kommissie hervat vandag sy openbare verhore wanneer die vermeende kartel-lid, Vusimuzi “Cat” Matlala, sy getuienis voortsit. Die kommissie het die afgelope weke verrigtinge agter geslote deure gehou wat bewyse behels het wat verband hou met voortgesette ondersoeke en vertroulike aangeleenthede. Die kommissie se woordvoerder, Jeremy Michaels, sê ander getuies wat in komende weke sal verskyn, sluit in die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, KwaZulu-Natal se polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi en die afdelingskommissaris van die polisie se misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, wat almal gedagvaar is om te verskyn:

ENG MichaelsONResumes