# Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie se hoof van ondersoeke, Matthews Sesoko, het die Madlanga-kommissie versoek om nie tot die gevolgtrekking te kom die direktoraat se integriteit is aangetas nie. Sesoko het die aangeleenthede wat tans ondersoek word as geïsoleerde voorvalle beskryf en sê IDAC beskik oor toegewyde personeel, gesonde strukture en ‘n sterk rekord met die bekamping van korrupsie. Hy beveel aan die direktoraat se bedryfshandleiding moet ten volle toegepas word om te verseker ondersoeke verloop onpartydig en deursigtig en word beskerm teen onbehoorlike invloede:
Madlanga-kommissie gevra om IDAC nie te ontbind nie [KLANK]
ENG-SesokoOnIDAC