Skip to content

Macron weier om te bedank met mosies van wantroue wat sy nuwe regering bedreig

# Die Franse president, Emmanuel Macron het Maandag oproepe om te bedank verwerp en sy teenstanders aangeval. Sy jongste regering word bedreig deur twee mosies van wantroue wat dit teen die einde van die week dalk tot ‘n val kan bring. Macron het in die laaste twee jaar vyf eerste ministers gehad. Baie van sy teenstanders meen sy enigste uitweg is om nuwe verkiesings uit te roep of te bedank, wat hy weier om te doen. Met sy aankoms in Egipte vir ‘n vergadering oor Gaza, het Macron sy teenstanders daarvan beskuldig dat hulle Frankryk ontwrig.