Skip to content

Macron maak video van sy vrou wat hom in die gesig stamp ligtelik af

# Die Franse president, Emmanual Macron het ‘n video ligtelik afgemaak wat wys hoe sy vrou hom in die gesig stamp toe hulle gereed gemaak het om van ‘n vliegtuig in Vietnam af te klim. Die kort video wat ‘n Associated Press kameraoperateur geneem het, toon die vliegtuig se deur wat oopgaan met Macron wat sy verskyning maak. Sekondes later lyk dit asof sy vrou se hand hom stoot, wat hom agtertoe laat tree voor hy weer sy balans herwin. Macron sê hy en sy vrou was besig om grappies te maak soos hulle gewoonte is. Hy het die video gekritiseer as sensasie.