# Die Evander-Streekshof in Mpumalanga het Uptown Superstore met 600-duisend-rand beboet omdat hy onwettige sigarette verkoop. In September verlede jaar is beslag gelê op vier-duisend-710 pakkies onwettige sigarette ter waarde van sowat 107-duisend-700-rand. Drie beskuldigdes, Riaz Moolla, Fatima Moolla en die maatskappydirekteur, Suliman Ismail Moolla, is gearresteer. Die hof het egter nou die aanklagte teen hulle teruggetrek. Die maatskappy is ook beveel om gemeenskapsondersteuning te bied deur 504 duursame, tweesitplek-lessenaars vir vier skole in die Highveld Ridge-hoërskoolkring te koop.