Skip to content

M23-rebelle vermoor meer as 300 burgerlikes in oostelike DRK ondanks skietstilstand

# Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê die M23-rebelle se aanvalle op burgerlikes in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo gaan voort al is ʼn skietstilstand in Junie onderteken. M23-soldate en lede van die Rwandese Weermag het tussen 9 en 21 Julie minstens 319 burgerlikes in die Noord-Kivu-provinsie vermoor. Die VN se hoëkommissaris vir menseregte, Volker Türk, waarsku ondertekenaars en bemiddelaars van die Doha- en die Washington-ooreenkoms om vinnig te werk aan veiligheid, sekerheid en ware vordering vir burgerlikes.