# Die Oos-Kaapse LUR vir Onderwys, Fundile Gade, het gevra vir ‘n vinnige ondersoek na die dood van twee meisies aan die Nkululeko Secondary School in Kariega. Die leerders is Maandag, op jeugdag, vermoor en hul liggame is verbrand. Gade noem dit ‘n gruwelike misdaad en pleit by wetstoepassingagentskappe om alles moontlik te doen om die skuldiges vas te trek. Die LUR het bevestig die Departement ondersteun die families en sal die veiligheid van leerders voorop stel ná die tragedie.
LUR vir Onderwys woedend oor moord op twee leerders in Oos-Kaap