Skip to content

LUR vir Landbou aangestel as waarnemende premier van Gauteng

# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die LUR vir Landbou, Landelike en Ekonomiese Ontwikkeling, Vuyiswa Ramokgopa, as waarnemende premier aangestel. Ramokgopa sal tot Maandag in die amp dien, terwyl Lesufi nie in die provinsie is nie. Die aanstelling is in ooreenstemming met die Grondwet. Die Gautengse regering sê Ramokgopa sal alle verantwoordelikhede, magte en pligte van die premier se kantoor oorneem om ‘n gladde verloop van bedrywighede te verseker.