# ‘n Taiwanese lugredery het om verskoning gevra nadat hulle dokumente aangevra het van ‘n werknemer wat reeds dood is. ‘n Vier-en-dertigjarige lugwaardin van Eva Air is in die hospitaal dood nadat sy tydens ‘n vlug siek geword het. Die lugredery het ‘n boodskap na haar foon gestuur waarin hulle vra vir dokumente wat bewys dat sy aansoek gedoen het vir verlof vir die tydperk wat sy in die hospitaal was. Die meisie se familie het geantwoord met ‘n afskrif van haar doodsertifikaat. Eva Air is voorheen al sewe keer beboet, meestal vir oortredings rondom personeel se oortydwerk.
Lugdiens vra om verskoning na ‘n versoek vir papierwerk van ‘n lugwaardin wat reeds dood was