# Gregory Loftus, die pa van die vermoorde KwaZulu-Natalse taxi- en insleepdiens-eienaar Bevan Loftus, het aan die Madlanga-kommissie gesê verskeie sake teen sy seun is verdigsel. Loftus het gesê Bevan het te doen gehad met sake wat verkeersoortredings en ‘n bewering van poging tot moord ingesluit het. Hy beweer die saak van poging tot moord is nooit op die hofrol geplaas nie weens onvoldoende bewyse, maar is wel by die Misdaadrekordsentrum as ‘n skuldigbevinding aangeteken:
Loftus deel Madlanga-kommissie mee sy seun se misdaadsaak was verdigsel [KLANK]
ENG-LoftusOnBevanCrime