Skip to content

Limpopo-polisiesersant wat van dubbele moord beskuldig word, kry borgtog [KLANK]

# Die Landdroshof in Morebeng, Limpopo, het vandag borgtog van twee-duisend-rand toegestaan aan ‘n 49-jarige polisiesersant wat van ‘n dubbele moord verdink word. Die Nasionale Vervolgingsgesag se provinsiale woordvoerder, , Mashudu Malabi-Dzhangi, sê Constance Sathekge het na bewering vroeër die maand haar seun, Khotso Sathekge, en sy meisie, Naledi Mmonwa, in Botlokwa doodgeskiet na ‘n meningsverskil. Malabi-Dzhangi sê die seun is op die toneel dood, terwyl Mmonwa in die hospitaal aan haar beserings beswyk het:

ENG MashuduonDoubleMurder