Skip to content

Limpopo ondervind rekordtoename in toeristegetalle oor Paastyd

# Limpopo se Toerisme-agentskap berig dat meer as twee-miljoen mense die provinsie hierdie Paasnaweek besoek het, wat vorige rekords oortref. Uitvoerende hoof Moses Ngobeni skryf dit toe aan die Zion Christian Church se pelgrimstog na Moria wat hervat is nadat dit die afgelope vyf jaar nie plaasgevind het nie weens Covid-19. Die St Engenas ZCC het ook sy saamtrek vir Paasfees hervat, wat die toerismesyfer verder opgestoot het. Ngobeni sê plaaslike gemeenskappe het ekonomies daarby baat gevind omdat meer bedrywighede in townships en dorpe plaaasgevind het.