# Die Ekurhuleni Ramp- en Noodbestuursdienste het vanoggend die liggame van twee seuns, onderskeidelik tien- en elf-jaar-oud, in ‘n waterdammetjie naby Tonkmeterweg in Duduza opgespoor. Die woordvoerder, William Ntladi, sê die seuns is gisteraand by die plaaslike polisiestasie as vermis aangemeld. Ntladi sê die klere wat die seuns gedra het, is naby die dammetjie gevind. Beide seuns is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek die saak.
Liggame van twee seuns in Duduza-waterdammetjie gevind