Skip to content

Libanese eerste minister beskuldig Israel van oorlogmisdade na dood van nog ‘n joernalis

# Die Libanese eerste minister, Nawaf Salam, het Israel van oorlogmisdade beskuldig na ‘n Israelse aanval in Suid-Libanon waarin ‘n joernalis dood is. Amal Khalil, wat vir Libanon se koerant Al Akhbar gewerk het, is dood terwyl sy ondersoek gedoen het naby die dorp al-Tayri. Sy is die vierde joernalis wat Israel sedert Maart in Libanon om die lewe gebring het. Israel se militêre mag sê hulle teiken nie joernaliste nie en probeer hulle beskerm terwyl hulle vir die veiligheid van Israelse soldate moet sorg. Salam sê Libanon sal geen moeite ontsien om oorlogmisdade by die betrokke internasionale instansies aanhangig te maak nie.