Skip to content

Lesufi veroordeel moord op vier in Reigerpark [KLANK]

# Die Gautengse Provinsiale Regering veroordeel die moord gisteraand op twee lede van die SAPD se Teen-Bende-eenheid en twee burgerlikes tydens ‘n skietery in Reigerpark, Boksburg. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê die aanval is ‘n oorlogsverklaring teen die staat en gemeenskappe. Die polisie het wetstoepassing geaktiveer om die oortreders op te spoor. Lesufi-woordvoerder Elijah Mhlanga het ‘n beroep op inwoners gedoen om inligting te verskaf en te help om diegene wat verantwoordelik is, voor die gereg te bring:

ENG-MhlangaOnShooting