# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die getekende prestasie-ooreenkomste van alle lede van sy Uitvoerende Raad vrygestel, wat deursigtigheid en dienslewering bevorder. Die ooreenkomste omskryf elke LUR se belangrikste verantwoordelikhede, uitsette, teikens en tydlyne. Dit omskep provinsiale prioriteite soos inklusiewe groei, misdaadvermindering, watersekerheid en elektrisiteitstabiliteit in uitvoerbare planne. Die Gautengse provinsiale woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê Lesufi sal roetine-vorderingsessies en ‘n middeltermyn-oorsig hou om effektiewe implementering te verseker:
Lesufi maak LUR’e se prestasieooreenkomste bekend om verantwoordbaarheid te verbeter [KLANK]
ENG-MhlangaOnMECs