# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het bevestig dat die eienaar van ‘n spaza-winkel in Vosloorus, Mazwi Kubheka, op 2 April ontvoer is. Die 27-jarige het gister by die plaaslike polisiestasie opgedaag na ‘n uitgebreide soektog. Lesufi sê wetstoepassingsamptenare ondersoek sterk leidrade en glo die saak hou verband met wyer misdaadnetwerke. Hy het bevestig dat gekaapte geboue in die ontvoering gebruik is. Hy het egter nie bevestig of enige arrestasies reeds gemaak is nie:
Lesufi bevestig Vosloorus spaza-winkeleienaar was ontvoer [KLANK]
ENG-LesufiOnKubheka