Skip to content

Leinster weerstaan Stormers se taai verdediging, deur na eindstryd teen Bulle

# Rugby: Die verdedigende kampioene Leinster het Saterdagaand op die Aviva-stadion in Dublin die Stormers se verdedigingsaanslag oorleef en die spannende Verenigde Rugbykampioenskap-halfeindstryd met 20–11 beklink. Dit beteken ‘n herhaling van verlede seisoen se eindstryd teen die Bulle op Croke Park. Die Stormers het ondanks aanhoudende druk, sterk teenstand gebied en was tot kort voor die laaste tien minute nog steeds in ‘n goeie posisie. Hul kanse is egter geknou toe hulle iin die laaste tien minute met 13 spelers moes klaarkom en Leinster met ‘n verdoelde drie die wedstryd beklink het.