Skip to content

Lebanon sê vier Amerikaanse burgers waaronder drie kinders, in Israelse hommeltuigaanval dood

# Vyf mense, waaronder drie kinders is in Suid-Lebanon dood in ‘n aanval deur ‘n Israelse hommeltuig. Volgens die land se gesondheidministerie het vier van die slagoffers insluitend die kinders en hulle pa Amerikaanse burgerskap gehad. Twee ander mense is gewond, waaronder die kinders se ma. Die Israelse weermag sê in ‘n verklaring hy het Hezbollah-terroriste geteiken wat uit die burgerlike gemeenskap gewerk het. Die weermag het erken “verskeie onbetrokke burgerlikes” is dood en sê die voorval word ondersoek. Volgens die verklaring sal die weermag voortgaan om enige bedreigings teen die staat van Israel te verwyder.