Skip to content

Laureus-toekennings: Alcaraz en Sabalenka aangewys as Laureus-atlete van 2025

# Laureus-toekennings: Die tennis-sterre Carlos Alcaraz en Aryna Sabalenka is by die Laureus-toekennings in Madrid onderskeidelik as Sportman en Sportvrou van die Jaar gekroon. Alcaraz het agt ATP Toer-titels gewen, insluitend twee Grand Slams in 2025. Sabalenka spog met ʼn tweede Amerikaanse Ope-kroon en vier WTA-titels. Rory McIlroy ​het die Herlewing van die Jaar-toekenning gekry en Formule Een-renjaer Lando Norris is aangewys as Wêreld-deurbreker van die Jaar. Barcelona en Spanje se Lamine Yamal is die Jong Sportman van die Jaar en Paris St-Germain is die Wêreld-span van die Jaar.