# President Cyril Ramaphosa het voormalige hoofregter Raymond Zondo gelukgewens nadat hy deur die Wêreldgeregtigheidsprojek vereer is. Hy het die gesogte Oppergesag van die Reg-toekenning ontvang om erkenning te gee aan sy onversetlike toewyding aan geregtigheid en aanspreeklikheid deur sy leierskap in die Staatskapingskommissie. Ramaphosa sê die regering sal regter Zondo vereer deur voort te […]
# Die Nasionale Vergadering het die Staande Komitee oor Begrotings se verslag oor die Wetsontwerp op die Verdeling van Inkomste aanvaar. Dis ʼn belangrike stap in die nasionale begrotingsproses vir die 2025/2026-boekjaar. Die wetsontwerp gee uitvoering aan die finansiële raamwerk wat in die 2025-begroting uiteengesit is, en ken inkomste wat nasionaal ingevorder is, toe aan […]
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê hy kon sy eerste mediese besending in byna vier maande in Gaza aflewer. Nege vragmotors met noodsaaklike mediese voorraad het Woensdag die gebied vanuit Kerem Shalom in suidelike Israel binnegegaan. Dit volg terwyl Gaza se gesondheidstelsel byna ineengestort het. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle doen ʼn beroep […]
# Die MK-party sê die afdanking van die adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield, beklemtoon gebreke in die regering van nasionale eenheid. Sy afdanking hou glo verband met growwe ongehoorsaamheid oor ʼn DA-geleide reis na Washington wat sonder president Ramaphosa se goedkeuring plaasgevind het. Die MK-party sê die RNE wat onder die dekmantel van […]
# Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Gesamentlike Komitee oor Etiek en Ledebelange oor die nie-openbaarmaking van ledebelange vir 2024 aanvaar. Die komitee het bevind dat agt lede van die Parlement die Kode van Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Ledebelange oortree het. Dit is omdat hulle nie hul finansiële en ander registreerbare belange […]